top of page

Dienste

Sondae oggende 09h00

Sondae aande 18h30

Midweekdiens

 

Woensdae aande 19h00

 

ALMAL IS WELKOM

 

GEBEURTENISSE

Kliek op die foto's om meer van ons aktiwiteite by Nuwe Lewe waar te neem.

Welkom!

Baie welkom by Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum se webwerf en dankie dat jy besluit het om meer van ons gemeente te wete te kom!
 
Ons is 'n
onafhanklike, lewendige en gemaklike gemeente waar daar geestelike vryheid heers. Ons aanbid die Here in gees en in waarheid en op ’n meelewende en interaktiewe wyse. Die Bybel verklaar dat God gedurig op soek is na mense wat Hom in gees en in waarheid wil aanbid omrede Hy in opregtheid aanbid wil word.
 
Ons handhaaf 'n
Pinkster en Charismatiese Bedieningstyl en verleen prominensie aan die Persoon van die Heilige Gees en Hy beweeg en werk soos Hy wil, wanneer Hy wil en deur wie Hy wil. Ons is sensitief om nie die Heilige Gees se vloei in die gemeente op enige manier te blokkeer nie.
 
Ons kan met oorgawe verklaar dat Nuwe Lewe
’n plek is waar God met ons ontmoet  en waar Hy deur Sy Gees en Woord tot ons almal spreek.
 
In ons soeke na
God  wil ons die verskillende dimensies van Sy Liefde beter leer ken sodat ons dit kan uitlewe. Dit is vir ons belangrik dat die ware Jesus liefde 'n interaktiewe kenmerk van ons lewe sal word.
 
Ons is 'n gemeente wat elkeen se
Godgegewe talent en gawe wil aanwend tot uitbreiding van Sy Koninkryk. Dit is baie belangrik dat ons dit wat God in ons hart geplant het sal uitlewe en dat dit deur liefde gemotiveer sal word.
 
My deur staan altyd oop vir elkeen in die gemeenskap!  U is welkom om my enige tyd te kontak.
 

Danny Boyens  

bottom of page