
Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum Humansdorp
Essenhoutstraat, Humansdorp, Suid Afrika
nuweleweaanbiddingsentrum@humansdorp.co.za
www.nuwelewehumansdorp.co.za
Sel: +27(0)83-601-1485 | +27(0)74-601-8873

GEBEURTENISSE
Kliek op die foto's om meer van ons aktiwiteite by Nuwe Lewe waar te neem.





Ons begeerte is om 'n kultuur van aanbidding in ons gemeente te skep, sodat almal God in gees en in waarheid kan aanbid. Elkeen word dus aangemoedig om die dimensies van God se liefde deur aanbidding in volheid te ervaar en te beleef. Ons lê klem op 'n aanbiddingservaring wat sensitief gelei word deur die Heilige Gees.

Bedieningstyl is Charismaties en Profeties met die fokus op die bediening van die Heilige Gees en die Woord.

Die Nuwe Lewe Bybelskool word geakkrediteer deur Therapon Universiteit (VSA) en is 'n 24 maande leerskool vir diegene wat hulle kennis van die Woord wil verbreed.

Ons begeerte is om 'n kultuur van aanbidding in ons gemeente te skep, sodat almal God in gees en in waarheid kan aanbid. Elkeen word dus aangemoedig om die dimensies van God se liefde deur aanbidding in volheid te ervaar en te beleef. Ons lê klem op 'n aanbiddingservaring wat sensitief gelei word deur die Heilige Gees.
Welkom!
Baie welkom by Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum se webwerf en dankie dat jy besluit het om meer van ons gemeente te wete te kom!
Ons is 'n onafhanklike, lewendige en gemaklike gemeente waar daar geestelike vryheid heers. Ons aanbid die Here in gees en in waarheid en op ’n meelewende en interaktiewe wyse. Die Bybel verklaar dat God gedurig op soek is na mense wat Hom in gees en in waarheid wil aanbid omrede Hy in opregtheid aanbid wil word.
Ons handhaaf 'n Pinkster en Charismatiese Bedieningstyl en verleen prominensie aan die Persoon van die Heilige Gees en Hy beweeg en werk soos Hy wil, wanneer Hy wil en deur wie Hy wil. Ons is sensitief om nie die Heilige Gees se vloei in die gemeente op enige manier te blokkeer nie.
Ons kan met oorgawe verklaar dat Nuwe Lewe ’n plek is waar God met ons ontmoet en waar Hy deur Sy Gees en Woord tot ons almal spreek.
In ons soeke na God wil ons die verskillende dimensies van Sy Liefde beter leer ken sodat ons dit kan uitlewe. Dit is vir ons belangrik dat die ware Jesus liefde 'n interaktiewe kenmerk van ons lewe sal word.
Ons is 'n gemeente wat elkeen se Godgegewe talent en gawe wil aanwend tot uitbreiding van Sy Koninkryk. Dit is baie belangrik dat ons dit wat God in ons hart geplant het sal uitlewe en dat dit deur liefde gemotiveer sal word.
My deur staan altyd oop vir elkeen in die gemeenskap! U is welkom om my enige tyd te kontak.
Danny Boyens

Uitreik na Joykids in Kruisfontein

Die eerste jaar graduasie was 2015 gehou.


Uitreik na Joykids in Kruisfontein
