top of page

GEMEENTEVISIE

 

God wil deur ons Sy hart aan die inwoners van Humansdorp en die hele Kouga area kom toon, ‘n hart vol liefde en empatie wat die persoonlike en geestelike belange van elke inwoner wil bevorder omdat Hy die mens so intens bemin. 

 

VEILIGE REHABILITASIE

Gedurende 2003, het die Here Sy droom in Danny se hart gelê om ‘n veilige hawe in Humansdorp te stel waar almal wat deur die samelewing verstoot is te akkommodeer en waar nodig, te rehabiliteer.

 

EIENDOM

Dit is van die begin af die gemeente se visie om groot genoeg grond te bekom om die droom, wat met tyd ‘n opdrag geword het, te kan verwerklik.

 

Nadat die gemeente oor jare vir geskikte grond gevas en bid het, is ons die laaste tyd met munisipale amptenare in gesprek oor die aankoop van drie-en-twintig hektaar grond wat aangrensend tot ons huidige kerk perseel geleë is.

GEMEENSKAPSPROJEKTE

Ons beplan om die volgende projekte in oorleg met die onderskeie welsyn en maatskaplike instansies van die Oos-Kaap, op die genoemde grond op te rig:

  • Fasiliteite vir hawelose mense – akkommodeer en rehabiliteer

  • Fasiliteite vir ongehude moeders - akkommodeer en help met aannemings proses

  • Gestremdheid skool - Skool vir gestremde persone

  • Fasiliteite vir vigswesies – akkommodeer en versorg

  • Bejaarde huis/e – bekostigbare behuising vir die wat finansieel behoewend is

  • Werkskepping Programme – vir vorige benadeelde en werklose persone

  • Kos kombuise – om honger en werklose mense ‘n daaglikse gesonde maaltyd te voorsien

 

BYBELSKOOL

  • Ons beplan die daarstelling van die Nuwe Lewe Bybelskool wat dag-studente sal akkommodeer. Klasse sal ook saans aangebied word vir belangstellendes wat bedags werk.

  • Die doel van die Bybelskool is om die Woord van God aan elke inwoner van die Kouga area te verduidelik, want die Kerk van die Here Jesus gaan ten gronde weens die gebrek aan kennis (Hos.4:6)

  • Die Bybelskool bied 24 vakke.

  • Belangstellendes kan die kerkkantoor vir meer besonderhede kontak.

24/7 AANBIDDING AS 'N LEEFSTYL - SKOOL

  • Elke mens is geskep om God te aanbid.

  • Die tyd het aangebreek dat ware aanbidders Hom in gees en in waarheid moet aanbid (Joh. 4:23)

  • Aanbidding is nie net vir Sondae oggende se kerkdienste nie maar 'n 24/7 leefstyl. 

  • Hierdie skool maak gebruik van  Tom Inglis se Psalmody International Worship School se lesings wat gegrond is op 'n profetiese woord wat Hy in 1984 van die Here ontvang het aangaande die eindtyd Kerk.

  • Die skool is vir elke kind van God wat 'n dieper dimensie verlang in sy/haar verhouding met die Here.

 

 

Toekomsplanne
  • Ons beplan die oprigting van ‘n satellietkampus van die Tshwane Institute of Technology wat by die Departement van Onderwys geregistreer is.

  • Om Kouga inwoners, wat begerig is om vir verdere studies by 'n Technikon te registreer, die geleentheid te bied om hulle studies hier te voltooi. 

bottom of page