top of page

NUWE LEWE BYBELSKOOL

STIGTER

Danny Boyens het sy Doktorsgraad (D.Th.) in Teologie in 2013 aan die THERAPON UNIVERSITEIT (VSA) ontvang. 

DIE ROEPING
  • Gedurende Maart 2012, gee God Danny 'n opdrag om ‘n Bybelskool te begin en om self die vakke te skryf.

  • Die rede vir die opdrag is omdat die Here volgens Amos 8:11 op die drempel staan om ’n honger t.o.v Sy Woord in die land in te stuur.  Wanneer dit gebeur moet die inwoners van die Kougastreek weet waarheen om te gaan om hul honger vir die Woord te kom voed.

 

KURRIKULUM:

Die 24 Bybelskoolvakke is voltooi in 2014, wat die vrug van veertig jaar se studies van die Woord is.
 

VAKLYS EN KORT BESKRYWING:

1. ALLES HET NUUT GEWORD
Hierdie vak handel oor die geestelike toestand waarin die mens na die sondeval verkeer het en hul behoefte aan 'n Redder om hulle vanuit die vervalle en verlore toestand te kom red.
Hier word gekyk na alles wat in die mens se lewe nuut gemaak is. So baie mense is jare al gered en steeds weet hulle nie wat het alles in hul gees met die wedergeboorte gebeur nie.
 

2. 360 GRADE
Hierdie vak handel oor die tien mees belangrike sake wat die nuutgebore kind van God moet aanspreek om in die regte verhouding met God te kan kom, en om daar te bly.
 

3. DIE KRAGWERKING VAN DIE BLOED VAN JESUS
Hierdie is seker die mees verwaarloosde onderwerp in Christelike kerke vandag.In hierdie vak word daar na al die aspekte van die bloed gekyk wat so 'n kardinale rol in ons lewe speel want daarsonder, sal niemand die ewige lewe kan beërwe nie.
 

4. GELOOF
"Die regverdige sal uit die geloof lewe," verklaar God se woord.
In hierdie baie belangrike en interessante vak, word daar na 'n daaglikse geloofslewe gelet.
Sekere belangrike profetiese aksies wat in die geloof  uitgevoer behoort te word om gebeds verhoring te verseker, word in hierdie vak bespreek.
 

5. GEBED
In hierdie vak, word daar onder andere, na sekere gebeds modelle gelet wat ons in staat stel om werklik te kan bid.
Niks in die lewe is belangriker as juis gebed vir die kind van God nie en 'n gesonde gebedslewe is van aller belang vir elkeen wat begerig is om die ewigheid met God deur te bring.
’n Biddende Christen is ’n kragtige Christen.
 

6. VRUG VAN DIE GEES
In hierdie vak word die nege segmente van die vrug van die gees volgens Galasiërs 5:22 bestudeer.
Die vrug van die gees is die Christus natuur wat in ons gees mens moet gedy.
 

7. DISSIPELSKAP EN KONINKRYK
Hierdie vak handel oor die Koninkryk, Dissipelskap en Evangelisasie.
 

8. GEMEENTELIKE BEDIENING
Enige gemeente leier sal dankbaar wees vir die vak, omrede hy sy lidmate (wat hierdie vak bestudeer het) oraloor in die bedienings orde van sy gemeente sal kan gebruik.  
 

9. EFESIËRS 1
In hierdie vak word die eerste helfte van die sendbrief van Paulus breedvoerig bespreek.
 

10. EFESIËRS 2
In hierdie vak word die tweede helfte van die sendbrief van Paulus breedvoerig bespreek.
 

11. GEESVERVULDE LEWE
In hierdie vak, word die Geesvervulde lewe van die wedergeborene bespreek.
Daar word na die doping van die Heilige Gees gelet, die spreek van vreemde tale as bewys van sodanige invulling van die Gees en hoedat dit ons hele lewenswandel gaan beïnvloed.
 

12. LOFPRYSING EN AANBIDDING
In die vak, kyk ons na die belangrikheid van aanbidding en waarom die aspek van die Geesvervulde se lewe so belangrik vir God is.
Dit word vanuit ’n Bybelse en Pinkster/Charismatiese oogmerk bespreek.
 

13. JOSUA
In hierdie Ou-Testamentiese Bybelboek, word die volk se intog in die beloofde land bestudeer en daar word na hulle wedervaringe gelet wat geestelik op ons ook van toepassing is met ons tog na ons beloofde hemelse.

  
14. DIE GEESTESWÊRELD
Hierdie is die eerste van drie vakke wat na die onsigbare geestes lewe let.
Hier word veral gelet op die oorsprong, bestaan en werksaamhede van die duiwel, ons kyk na gevalle engele en waar pas die demone in die duiwelse rangorde in.
 

15. VERSKILLENDE GEESTE IN DIE GEESTESWÊRELD
Hier word die geestewêreld verder bestudeer en ook die verskillende geeste wat mense se liggame kan bewoon.
 
16. GEVEGTE IN DIE GEESTESWÊRELD

Hierdie vak is meer ’n gids vir die persoon wat in bevryding belangstel.
Hier word na onder meer bloedlynvloeke, sielsbande en die okkulte gekyk en sal enige gelowige van die nodige kennis voorsien om demone te kan uitdrywe.
 

17. ANTROPOLOGIE, HARMARTOLOGIE, CHRISTOLOGIE I
Antropologie is die studie van die mens, Harmartologie dek die studieveld van sonde terwyl Christologie oor Christus handel. Hierdie vak handel oor die drieledige skepping van die mens, sy val in sonde en sy behoefte aan ’n Skepper. Die Persoon van Christus word hierin bestudeer.
 

18. CHRISTOLOGIE 2
In hierdie vak word Christus vanuit die Ou-Testamentiese profesieë van naderby beskou. Ons let op Sy werksaamhede as mede Skepper en hoedat Hy van ewigheid af al bestaan.  
 

19. SOTERIOLOGIE 1
Soteriologie is ’n studie van die mens se saligheid.
In hierdie vak word gelet op al die belangrike aspekte van ons saligheid en in watter orde het dit plaasgevind.
Christus het baie meer vir ons aan die kruis gedoen as wat ons dink. 
Ons gaan na al die wonderlike aspekte van ons saligheidsorde let.
 

20. SOTERIOLOGIE 2
Die vak vervolg op bogenoemde vak.
 
21. ESKATOLOGIE

Eskatologie is ’n studie van die eindtyd gebeure.
Ons kyk na die doderyk, waar die dode nou is, die verskillende oordele.

Ons kyk na die verskil tussen die wegraping en die wederkoms.

Die groot verdrukkings tydperk en alles wat dan gedurende die sewe jaar hier en in die hemel sal plaasvind, word breedvoerig uiteengesit.
Ons kyk ook na die persoon van die Antichris en die duisend jarige vrederyk wat kom.
 

22. PNEUMATOLOGIE
Hierdie vak is die studie wat oor die Persoon van die Heilige Gees handel.
Alles wat jy nog altyd oor die Heilige Gees wou weet word in hierdie interessante vak bespreek.
 

23. GENADEGAWES VAN DIE HEILIGE GEES 1
 In die vak let ons op die nege genadegawes wat aan die Geesvervuldes toegeken word (1 Kor 12:5-11)
Die gawes word in drie kategorië verdeel nl. die drie krag gawes, die drie openbarings gawes en die drie spraak gawes.
 

24. GENADEGAWES VAN DIE HEILIGE GEES 2
Die laaste paar gawes word hier bespreek en ’n groot deel van die studiegids word aangewend om na argumente te kyk wat teen die gawes van die Heilige Gees en veral teen die spreek in vreemde tale en die uitleg daarvan gemaak word.
Ons gaan kyk wat die Woord van God hieromtrent sê.

 

DOEN AANSOEK

 

 

 

  • Facebook Social Icon
  • YouTube Social  Icon
bottom of page