top of page

NUWE LEWE TIENER/JEUGBEDIENING

 

WELKOM

Ons tieners en jeug speel ‘n baie belangrike rol in ons gemeente. Ons wil aan u kind (11 – 18 jaar) geleenthede bied waarin hulle as individu kan groei as gees mens, asook siels mens, maar waarin hulle God se liefde, aanvaarding en ook transformerende krag persoonlik kan ervaar.
 

Ons wil ons tieners op ‘n plek bring waar:

  • hulle met ander tieners van hul eie ouderdom kan verkeer

  • hulle ons tienerleiers beter kan ken om met hulle 'n vertrouens pad te kan stap.

  • ons tienerpastoor saam met hulle en hulle ouers hande kan neem om 'n ondersteunigs netwerk vir die kind te kan ontwikkel sodat hulle hul volle potensiaal as mens kan bereik, en om hulle op die weg na geestelike volwassenheid te lei.

 
TIENER/JEUGPASTOOR

 

CELEST WAIT:

  • Toe hierdie gemeente haar beroep het, was sy die Jeugpastoor van die AGS Middelburg gemeente, Oos-Kaap.

  • Sy is sedert 1 September 2014 deel van die bedieningsorde van hierdie gemeente.

 


 

 

 

 VISIE EN MISSIE

 

  • Die eerste prioriteit is om die tieners in 'n verhouding met God te kry (Joh. 1:12)

  • Tweede prioriteit is om 'n atmosfeer van aanbidding te skep waar die tieners 'n geleentheid gebied word om God vrylik te loof, prys en te aanbid.

  • Derde prioriteit is om sekere probleem areas te identifiseer en om dan saam met hulle 'n pad van vrymaking en oorwinning te stap.

  • Vierde prioriteit is om die tieners aan te moedig om hulle geloof prakties uit te lewe sodat ander jongmense Jesus Christus in hulle kan sien.
     

 

 

JEUG/TIENERSDIENSTE
 

Vrydae aande – 18:00 - 20:00
- TIENERAANDE

(Soms gaan dit later aan, maar ons hou die ouers
dan via Whatsapp op hoogte)

 
Sondae aande – 18:30 - 20:00
– JEUG/TIENERDIENS

VRYDAE AANDE (TIENER AANDE)

 

KONNEK: Ons beplan gedurende hierdie aande geleenthede waarin die tieners hulself kan geniet en “fun” kan hê - waar hulle kan:

  • aantrek volgens ‘n tema

  • uitreike doen in die omgewing

  • kyk ‘n “movie” wat opvoedkundig is of ontspannend of geestelik is

  • speel speletjies en leer ook uit die Woord uit

 

HEILIGE GEES LEIDING: Vir ons is dit meer belangrik om onder die leiding van die Heilige Gees te funksioneer.

  • Ons stel 'n basiese program op vir ‘n Vrydagaand, maar ons lê dit voor God se voete neer en volg die leiding van die Heilige Gees.

  • Telkemale het ons aandprogram van so aard verander waar die teenwoordigheid in die gebou inbeweeg en die Heilige Gees die kinders kom bedien, en wat ‘n voorreg is dit nie om saam met Hom te werk nie!

 

JAARPROGRAMME
  • TIENERKAMPE: Ons hou gereeld  tiener kampe by Eerste Rivier, en moedig die kinders aan om hierdie kampe, sowel as ander kerklike kampe in die omgewing by te woon.

  • NETWERK: Ons werk saam met die tienerbedieninge van verskillende denomisasies om sodoende 'n verskil te maak waar ons onsself bevind.

 

ONGETROUDE WERKENDE JEUG

Benewens die jeugdienste wat Sondae aande gehou word, word jongmense gedurende 'n weeksaand in selverband geakkomodeer.

VERWYSINGS

Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum:

  • Pst Danny Boyens   -   083 601 1485

  • Maureen Boyens     -   074 601 8873

  
JOT verwysing:                              
Mariette Dryer (Nico Malan, Humansdorp)   -  083 800 6653

 

SKAKEL CELESTE: 082-741-0789

Kontak Celest:

Sel: 082-741-0789

e-pos: celestwait@yahoo.com

  • Facebook Social Icon
  • Google+ Social Icon
  • Instagram Social Icon
Meer Oor Celest:

 

OPLEIDING

  • 2002 – 2004 CFNSA (Christ For the Nations Bybel Skool, Jeffreysbaai) 2 jaar teorie en 1 jaar prakties.

  • 2005 – 2010  BTH Graad (Auckland Park Teologiese Kollege) 4 jaar teorie en 1 jaar prakties

  • 2010 word as AGS pastoor georden

  • 2015 - Nuwe Lewe Bybelskool Humansdorp.

 

ONDERVINDING

Ek het met jeugwerk begin toe ek self in Graad 9 (1998) was. Die gemeente se jeugpastoor het ‘n paar van ons onder sy vlerk ingeneem en ons begin oplei, nie lank daarna, het hy ‘n beroep aanvaar en ons het die jeug oorgeneem en verder hanteer. Ek was betrokke met dit tot en met my matriek jaar (2001).

 

Na matriek,  is ek na CFNSA toe in Jeffreysbaai waar ek as student daar die jeug oorgeneem het en opgebou het. Ek het my studies by Aucklandpark Teologiese Kollege d.m.v. korrespondensie gedoen.  Gedurende hierdie tyd (2005 - 2010) het ek in die AGS Despatch gemeente met die jeugbediening en ook by JOT klasse betrokke geraak in die omgewing.

 

Na my ordering in Mei 2010, het ek ‘n beroep aanvaar as Jeugpastoor in Middelburg, Ooskaap en ek was daar gewees tot einde Augustus 2014 toe ek die beroep by Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum aanvaar het. In die tyd wat ek by Middelburg was, was ek betrokke by die JOT klasse van die hoërskool en was ek ook deel van 'n span van 3 wat die studentkerk by Grootfontein Landbou Kollege begin het.

 

Ek is tans betrokke by Nico Malan Hoëskool Humansdorp sowel as GLA  Hoërskool in Jeffreysbaai se JOT klasse.

Tiener/Jeugpastoor

10409627_10152349246827105_3761052249003175380_n
JQCLa0tqJjVcPRshh37IxGYi3GffpbRp2BB0xb2_olM_edited
hqR77I7frcDRHTMPgVR_XpeAvxTDk0IF9m1wAPgWLJs_edited
GISw9_GYsiEw-SXuvZ-mJZuhI2bjQHC5i1O3j6krq7U
NWZgYJHD6cbSlKY6HjBruS3Ly27WgAhj4yDly5RFlrQ
42p1YaroZTYbkvtS7ZhXcSR5cXFXaEe0Z5q3BEsfftM
7mSxP2m8r0YflpR213nz1ORQKHh61FqQDMJ_Q8sAMKg
10955798_10152560330562105_1145240770247349507_n
Afhhe8KrHva5TKTGkYS7EpOYLSNp7Zb2Aqv3GQtjLPk
12743928_1163590296987048_5965950105248845539_n
12079140_828994250551999_6714987871299599150_n
10406702_10153025648627105_4657552304457797568_n
I3zeSEByoH5REgkBSxGwRvAYUk0HAdkokNnqKUcBzn4
10341894_10202841612863255_43708947325118266_n
10730796_651268424991250_8335626871912362734_n
11139449_10153025646487105_4034972807501486105_n
Ondersteun

U kind kan deel word deur om my te kontak op Celeste op haar selfoon of Whatsapp of enige van die ander leiers te kontak.

Sien kontakbesonderhede op volgende kolom.

 

Raak Betrokke

Ons is oop vir persone wat ondersteuning wil hê op enige manier. KONTAK: Celest

  • Kry nodige inligting of opsies van betrokkenheid te kan bespreek

  • Kry gebedspunte asook dit wat ons benodig.

  • Ons vertrou God om die kinders van die Noorde, die Suide, die Ooste en die Weste vir ons in te bring

  • Maar tans vertrou ons God vir drie bussies waarmee ons die tieners beter in kan vervoer van die verskeie punte af.

bottom of page