top of page

LEIERSKAP

 

DANNY

Hy is 'n apostoliese vader wat seuns en dogters in die gees oprig terwyl hy sterk in die apostoliese, profetiese en lerende bedieninge vloei.

  • As ’n jong man van 19 jaar, kom hy op 13 Oktober 1974 kragdadig tot bekering. Twee maande later word hy ooreenkomstig Mattheus 28:19 by wyse van drie voudige onderdompeling gedoop. Gedurende 1978 word hy met die Heilige Gees gedoop en as bewys hiervan spreek hy in vreemde tale ooreenkomstig Handelinge 2:4.

  • Gedurende 1979 roep God hom tot die voltydse bediening en volg hy in die voetspore van sy pa en oupa, wat beide as pastore in die AGS van SA gedien het. Na sy teologiese opleiding neem hy beroepe aan na onder andere Welkom, Warmbad, Jeffreysbaai en sedert Junie 2003 is hy in Humansdorp.

  • Gedurende Maart 2012 gee God aan hom die opdrag om ’n Bybelskool te begin n.a.v. Amos 8:11- omdat die Here op die drempel staan om ’n honger t.o.v. Sy woord die ganse land in te stuur.

  • Die Nuwe Lewe Bybelskool is twee maande daarna gebore. Al die vakke, wat die vrug van veertig jaar se Bybelstudies is, is deur homself geskrywe.  Hy ontvang sy doktorale graad in Teologie (DTh) in Junie 2013 as erkenning van die 24 vakke wat hy geskrywe het.   

 

MAUREEN

Sy het 'n sterk profetiese en sang bediening en was vir 11 jaar die lofprysing en aanbidding leier in die gemeente.  Sy vloei veral sterk in profetiese en vrye aanbidding. 

  • Sy het verskeie geestelike liedere geskryf en getoonset waarvan sommige vandag deur bekende Christelike sangers gesing word.

  • Sy is 'n bekwame spreekster by konferensies en funksies, sowel as 'n gesalfde prediker van die evangelie van Jesus Christus.  

  • Sy het van jongs af die Here gedien en reeds op ’n ouderdom van 12 jaar het sy haar laat doop by wyse van onderdompeling. Die begeerte en honger het gegroei en na jare van afwagting is sy in Mei 1989 gedoop met die Heilige Gees asook tale spraak.

  • Sy het haarself ook as 'n personeelbeampte bekwaam en was vir jare in diens van 'n groot maatskappy gewees.

  • Haar begeerte is om die Koninkryk van God te bedien en te leer om aanbidding as 'n lewenstyl aan te kweek.

bottom of page