top of page

OOR ONS

 

Algemene Identiteit

Die Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum is ’n onafhanklike, outonome gemeente wat as ’n nie-winsgewende gemeente onder die Maatskappy Wet geregistreer is.

Derhalwe is dit vir ons belangrik om geestelik verantwoordbaar te wees, aangesien die Heilige Gees (Hand 1:2) en God se Woord steeds ons enigste rigting aanwyser sal wees.
 


Roeping

Die Here het ons gedurende April 2003 opdrag gegee om hierdie gemeente te begin.  Op daardie stadium was ons die mede-pastore by die AGS Deo Doxa gemeente te Jeffreysbaai. Kort daarna is die opdrag deur drie profete bevestig, wat onbewus was van die voorgenome gemeente planting.

Ons het hierdie gemeente op Sondag 1 Junie 2003 in die Stulting Laerskoolsaal met 18 voornemende lidmate begin, waar ons vir elf en 'n half jaar kerkdienste gehou het.
 

 

Bedieningsontwikkeling

Gedurende April 2014 het ons die kerkgebou van die Evangeliese Gereformeerde Gemeente in Essenhoutstraat, Boskloof betrek waar ons tans nog dienste hou.

Gedurende Junie 2015 het God dit duidelik op ons harte gelê om die bedienings orde van die AGS van SA te bedank en om ’n eie onafhanklike selfstandige gemeente te begin.  Die leiding van die Heilige Gees was so duidelik omtrent die saak, dat die hele gemeente besluit het om 'n onafhanklike gemeente op 01 Julie 2015 te begin.
 

 

Huidige Bedieningsklem

Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum beklemtoon die terugkeer na die Apostoliese en Profetiese bedieninge volgens Efe 4:8 en 11, met die gepaardgaande bedienings gawes ingevolge 1 Korintiërs 12:5 - 11.

Ons glo dat die Kerk van die Here gedurende die duisend jaar wat dit onder die geestelike bedieningsorde van die Roomse Kerk gestaan het, baie kern waarhede verloor het. Die Kerk hervormers het begin om na baie van die waarhede terug te keer en met die uitstorting van die Heilige Gees in die herlewing van Azusastraat (Kalifornia - VSA) gedurende 1906, het die Kerk nog nader na die waarheid van God se woord teruggekeer.


Ons glo dat die tyd inderdaad aangebreek het dat elke gelowige geestelik opgelei en ontwikkel moet word om in die Apostoliese en Profetiese vloei te kan staan, sodat hulle mede helpers kan word om God se koninkryk op ons grondgebied te vestig.

 

Efesiërs 4:7-11

Efs 4:7  Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus.
Efs 4:8  Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.
Efs 4:9  Maar dít: Hy het opgevaar—wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
Efs 4:10  Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.
Efs 4:11  En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,

1 Korintiërs 12:5-11

1Ko 12:5  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
1Ko 12:6  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.
1Ko 12:7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
1Ko 12:8  Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
1Ko 12:9  aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;
1Ko 12:10  aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.
1Ko 12:11  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.


Efesiërs 2:19-22

Efs 2:19  So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,
Efs 2:20  gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,
Efs 2:21  in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here,
Efs 2:22  in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.

1 Korintiërs 12:28

 

1Ko 12:28  En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.

 

Skrifverwysings

bottom of page